Ons 0/18 krieketspan is op pad na die Merensky Krieketweek wat vanaf 26 Junie tot 1 Julie plaasvind. Ons span speel teen verskillende skole soos Middelburg, Merensky, Stanford Lake, Cambridge en Garsfontein. Sterkte manne en geniet die ervaring!
Monthly Archives: June 2022
Baie geluk aan elke BD wat ‘n Top 10-posisie beklee! Dankie vir julle harde en toegewyde werk. Dankie ook aan elke BD wat sy of haar beste hierdie kwartaal gegee het.
Dankie aan elkeen wat bygedrae het om van hierdie besige kwartaal ‘n sukses te maak. You deserve the rest. Baie sterkte aan al die leerders wat aan provinsiale en nasionale toernooie deelneem en opvoeders wat betrokke is. Be safe!
Baie seën!
Amanda Gouws, veelsydige gr 11-leerder, het in haar besige skedule nog tyd ingeruim om ‘n 12 maande dramakursus ook suksesvol te voltooi. Mandie het die “Mentor My”-kursus onder die bekwame leiding van bekendes in die toneelwêreld voltooi. Ilné Benade en Izak Davel was haar betrokke mentors. Dit word deur Via en ABS-produksies aangebied en Anthonie […]
Leighton Ahrends en Brandon Edwards het, ter voorbereiding vir die Overberg Skopboks Kampioenskappe (Oktober 2022), op 18 Junie aan die Vibrant Wintercup Kickboxing Challenge 2022, in Ottery en Wynberg deelgeneem. Hulle het die Triple-D Marcial Arts Sentrum verteenwoordig. Leighton het ‘n tweede plek in semi-kontak (point fighting) en ‘n derde plek in ligte kontak (continuous […]
Dankie aan elke pa, oupa, oom of broer wat as ‘n pa-figuur vir ons BD’s optree!
Baie geluk Madeline.
Deon Harmse (gr 10) en Remi Mostert (gr 12) is twee BD-skaakspelers met wie daar beslis rekening gehou moet word. Beide spelers is opgeneem in die Overberg Federasie skaakspan, Deon in die O.18-span en Remi in die O.20-span. Die span sal vanaf 1 tot 3 Julie, in Caledon, aan die WP Rural Cup deelneem. Geniet […]