KULTUUR: BD AANGEWYS AS BESTE GR 9-LEERDER BY STELLENBOSCH EISTEDDFOD

Baie geluk aan Mieke Saayman, gr 9, wat vandeesweek aangewys is as die Beste Gr 9-deelnemer by vanjaar se Stellenbosch Eisteddfod. Sy wen ook hiermee die Floraland Wisseltrofee vir die Beste Junior Drama-leerder in Hoërskool Bredasdorp. Sy het ook haar kultuurbalkie verwerf vir haar deelname aan die Overberg- en Stellenbosch Spraak- en Drama Eisteddfods waarin sy in totaal twee goue en vier cum laude toekennings ontvang het. Amanda Gouws is vanjaar reeds op die Kers en Vers Kultuurtoekenningsaand aangewys as die Beste Senior Drama-leerder in Hoërskool Bredasdorp, aangesien al haar uitslae toe reeds bekend was. Amanda het tydens die Overberg-, Montagu- en Stellenbosch Eisteddfods ‘n totaal van vyf goue en ses cum laude toekennings verwerf. Hoërskool Bredasdorp is baie trots op hierdie twee kultuurkatte.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *