REDENAARS

Amy Davids en Amanda Gouws, albei graad 11, het Vrydag aan die Skeepswrakmuseum se toespraakkompetisie wat dié jaar in Bredasdorp by Antoinette events gehou is, deelgeneem. Hulle het Kaap Agulhas verteenwoordig en vir die eerste keer sedert die begin van die kompetisie het Kaap Agulhas met die beker weggestap! Dit is te danke aan Amanda Gouws wat die eerste plek losgeslaan het. Hierdie kompetisie vind tussen leerders uit skole regoor die Overberg en Overstrand plaas. Baie geluk, Amanda en Amy! HSB se koor het ook opgetree en die gehoor, soos gewoonlik, stom gelaat!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *