KRIEKET: o/19 Dogters teen Hermanus

HSB se o/19 dogterskrieketspan het vandag tuis teen Hermanus gespeel en met 52 lopies gewen! Hermanus wen die loot en stuur die BD’s in om te kolf. BD’s teken 99 lopies in 20 beurte aan. Beste kolwers: Anelmari van Niekerk 21* en Renske Lottering 10 lopies. Die BD’s gaan in om te boul en Hermanus teken slegs 48 lopies in die 20 beurte aan. Beste boulers: Anelmari neem 5 paaltjies in 4 beurte en staan 6 lopies af. Ina-Mari Augustyn neem 1 paaltjie in 3 beurte en staan 5 lopies af. Baie geluk, meisies!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *