OPEDAG 2024
Monthly Archives: February 2024
Die tweede gholfspan wen hul interskole-wedstryd teen Montagu met 45 punte teenoor 44 punte. Beste tellings was Matthew Brooks en Damian Hansen albei met 17 punte. Die eerste span verloor ongelukkig met 60 punte teen 47 punte. Kyle Willeman teken 11 punte aan. Die hoogste punte van dag was Edmund O’Ehley. Hy word as die […]
Nog ‘n suksesvolle T4J-Dubbelstoernooi het die naweek plaasgevind. Baie dankie aan Overberg Wealth and Risk Management wat as borg opgetree het. Die BD’s se T4J-Dubbelstoernooi uitslae: 🎾Wen Augsburg 9-0 🎾Wen Brackenfell 9-0 🎾Verloor teen Bellville 3-6 🎾Verloor teen Swartland 4-5 🎾Wen Punt 8-1 📌Eindig 3de in Chris Botha-afdeling! Baie geluk. Overberg Wealth and Risk
Een week om te gaan! Ons kan nie wag om ons toekomstige BD’s te ontmoet nie.
Tien van ons BD’s het op 15 Februarie aan die Riversdal streekjeugskou deelgeneem. Ons BD’s het die volgende uitslae verower: Perde: Ruan Temmers: sesde plek Kulinêre kuns: Rosalia Botha: tweede plek Matt Fortuin: derde plek Ina-Mari Augustyn: vierde plek Taygan Jameson: vyfde plek Suiwelbereiding: Willem Strauss: eerste plek Fayannette Kruger: tweede plek Dit was ‘n […]
Merk 12 April in jou dagboek! Moenie hierdie puik komediant se vertoning in die NG-Kerksaal misloop nie. Ons waarborg ‘n heerlike, lekkerlagaand vol humor. Kaartjies beskikbaar by mev Nelson, by HSB-ontvangs teen R200 of aanlyn by Quicket (sluit in ekstra administrasiefooi).
Kom ondersteun ons jaarlikse Drive-thru en geniet heerlike kos. Jy hoef nie Vrydagaand, 23 Februarie, te kook nie! Kontak juffrou Olivier om ‘n bestelling te plaas. See you there!
Wat spel rooi harte, vrolike ballonne, ‘n mooi getooide skoolsaal, jongdames, sjarmante jongmanne en hope energie? Die BD’s se jaarlikse valentynsbal, natuurlik. Vanjaar het die aand afgeskop met die gr 8-nuwelinge wat, gewapen met hulle besemstokke en oorgenoeg entoesiasme, die eerste uur saam met die matrikulante kon bywoon. Al was hul eerste amptelike hoërskoolsokkie net […]