Baie geluk aan Elanie van Niekerk (nèe van Schalkwyk), hoofdogter 2014 wat aangestel is as ‘n internasionele PhD-kandidaat in die Departement van Taal, Literatuur en Kommunikasie by Utrecht Universiteit vir ‘n periode van vier jaar. Haar werksverpligtinge sluit deelname aan ‘n navorsingsprojek tussen Nederland, Swede en Indonesië, wat vroeë kommunikasieontwikkeling in 0-3 jarige kinders ondersoek, […]
Category Archives: Uncategorised
Die sportuitslae van gister se netbal- en rugbywedstryde teen Emil Weder. Baie dankie aan al die getroue BD-ondersteuners!
Ons eerste spanne vertrek Vrydag na Oudtshoorn om Saterdag in HS Oudtshoorn se sportdag deel te neem. Sterkte aan die rugby-, netbal en hokkiespanne!
Na ‘n lang gewag kan ons weer Interskole hou! Kom toon u ondersteuning deur hierdie spoggeleentheid by te woon.
Baie seën!
John Dunn, Dian Fourie en Lohann Fourie het Saterdag die 40km van die Round the Pot fietswedren voltooi. Dit was uiters nat en modderige toestande. Baie geluk aan Mnr. JP Terblanche wat die strawwe 160km aangepak en voltooi het. Wel gedaan, manne! Ons is trots op julle.
Die volgende spelers het Sondag, 25 Julie, op Hermanus aan die Overberg deel van die Rising Star Toernooi, deelgeneem: Dogters: 1. Mieke Saayman 2. Minke Terblanche 3. Minke du Toit 4. Anja Geyer Seuns: 1. Jean Ferreira 2. Luan Prins 3. Lohann Fourie 4. Thomas Fourie Die seuns en dogters het albei 2de geëindig en […]










