Die sportprogram vir die week teen HS Hermanus op Hermanus. Sterkte aan al ons spanne wat deelneem!
Category Archives: Uncategorised
S.15: Alexander Plaatjies, 1ste; Patrick Plaatjies, 2de. S.16: Juan Ferreira, 2de; Jeandré Human, 3de Foto v.l.n.r.: Jeanré Human, Juan Ferreira, Patrick Plaatjies, Alexander Plaatjies Ons wens hul sterkte toe met hul volgende wedloop wat op 14 Mei in Riviersonderend plaasvind.
Baie geluk aan die volgende rugbyspelers wat deurgedring het na die volgende rondte proewe vir moontlike opname in die Bolandspan. Hulle speel eerskomende Maandag in Wellington: O.16: Albert Lambrecht, Fortune Goni, Charl Newman, Ismail Jongie O.19: Stuwayne Lewis, Naide April, Harold de Wet Agter v.l.n.r.: Ismail Jongie, Stuwayne Lewis, Harold de Wet, Charl Newman Voor […]
Die BD’s het goed teen Ovies gevaar! Ons is trots op elke leerder wat deelgeneem het. Dankie aan elke afrigter vir hul toewyding. Die rugby en hokkie het Saterdag meegeding en die netbal Donderdag as gevolg van netbalproewe wat Saterdag plaasgevind het.
“Life does not come with a manual. It comes with a mother.” “To the world you are a mother. To our family, you are the world.”
Baie geluk aan twee van ons rugbyspelers, Devan Craig en Zach Jooste wat opgeneem is in die Suid-Bolandspan. Die twee manne is werklik Hilux tough! Hulle neem die 21ste Mei deel aan die Bolandproewe op Saldanha. Baie sterkte manne! Ons is trots op julle! #BDtrots #RolaToyotaBredasdorp
Bykans 80 oud-BD’s wat tussen 1963 en 1974 gematrikuleer het, het die afgelope langnaweek reünie gehou. Hul was aangenaam verras met al die verandering wat by hul alma mater aangebring is. Hul was ook baie beïndruk met die Triomfmuur waar nuwelinge in graad 8 die klok vir die eerste keer kan lui en ook later […]
Baie geluk aan Lakeasha Mc Dillon en Amanda Gouws, beide gr 11, wat tot die VRL verkies is nadat daar twee vakatures ontstaan het! Ons glo dat hierdie belangrike taak nie net vir hulle ‘n eer sal wees nie, maar dat dit ook vir hul ‘n leerskool sal wees. Baie sterkte aan julle albei.
Die jaarlikse loopbaanuitstalling het vanoggend by HSB plaasgevind. Leerders het die geleentheid gehad om inligting oor verskeie instansies en kursusse in te vorder. Instansies soos W.P Rugby Instituut, UWK, CPUT, Universiteit van Stellenbosch, Cape Audio College, UNISA en Isa Carstens het ons skool besoek.










