Category Archives: Uncategorised
Baie geluk aan John Dunn wat saam met mnr. Terblanche aan die WB Outdoor bergfietswedren, op Hermanus, deelgeneem het. John het veral sy staal gewys in die klimme en het die tegniese uitdagings baie geniet.
Dit was heerlik om weer op ons tuisveld te kan sport speel. Dankie aan elke BD vir hul veggees en aan elke ondersteuner wat langs die veld en baan was. Geluk aan elke span wat ‘n oorwinning behaal het!
Hoërskool Bredasdorp is baie trots op die sestien netbalspelers wat deurgedring het na die 1ste rondte van die Wes-Kaap Netbalproewe wat op 7 Mei, in Hermanus, gespeel word. Baie geluk aan elke speler en afrigter met hierdie uitmuntende prestasie! OP FOTO Agter v.l.n.r.: Kiara Stevens (0.14), Faith Bogenhagen (0.18), Adéle Venter (0.18), Elmarie Vermeulen (0.18), […]
Hoërskool Bredasdorp wil Paintsmiths Midas Earthcote vir hul skenking bedank. Danksy hul kwaliteit verf lyk die muur bo die netbalbane nou weer pragtig.
Sluit aan en ondersteun ons skool en ons leerders. Https://forms.gle/raSUtQQeqvvPWQ3k9 #BDGees #strongertogether #BDtrots
Die BD’s het op 20 April aan die eerste rondte in Swellendam gaan deelneem. Baie geluk aan Aden Payne, S14, en Alexander Plaatjies, S15, wat albei eerste plekke verower het. By die S16-afdeling het Juan Ferreira 4de en Jeandré Human 6de geëindig. Elvino September, S18, was 3de. Ina-Mari Augustyn moes ongelukkig na 2km onttrek.
Dankie aan elke BD wat van hierdie dag ‘n reuse sukses gemaak het! Dit was heerlik om op ons tuisveld weer te kon sport speel. Thank you to every supporter, parent and coach! A special thank you to Laerskool Bredasdorp Primary for taking part in this day and supporting our teams.








