Voortaan gaan Hoërskool Bredasdorp se Eerste Seuns- en dogtertennisspan spoggerig vertoon in hulle spinternuwe tennisklere, danksy Heuningberg Mediese Sentrum. Hierdie spelers vertrek eersdaags na Sun City om deel te neem aan die Menlo Mixit Tennistoernooi. Op die foto verskyn Agter vlnr: Daniël Fourie, Jan-Carel Lochner, Luan Prins en Mkhululi Tundezwa Voor vlnr: Melissa Saayman, Nina […]
Category Archives: Uncategorised
Hoërskool Bredasdorp se o.19-dogterskrieketspan het op 18 Februarie vir Hoërskool Hermanus oortuigend met 4 paaltjies gewen. Hermanus het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Hulle het 71/10 lopies in 18.5 beurte aangeteken. Die Beste BD-boulers was: LZ du Toit, 3/20 (4) en Junicke Newman (2/4 (4). Tydens die BD’s se kolfbeurt, kon […]
Ons wens die onderwaterhokkiespelers wat vanaf 21-23 Maart aan die Nasionale Kampioenskappe in Bloemfontein gaan deelneem, ‘n suksesvolle kampioenskap toe. Mag dit vir elkeen nie net ‘n leerervaring wees nie, maar ook ‘n geleentheid om nuwe vriende te maak. Ons hou duim vas. Ons glo dit sal goed gaan. Dogters: Agter vlnr: Suzanne Pretorius, Clara […]
Aspirant gr 8’s het op 17 Februarie die geleentheid gehad om ‘n voorsmakie te kry van wat dit behels om ‘n hoërskoolleerder te wees. Hierdie voornemende gr 8’s van 2026, het entoesiasties deelgeneem aan die aktiwiteite en speletjies wat tydens die jaarlikse gr 7 Ope-aand aangebied is. Hul het veral die kompetisie tussen die onderskeie […]
Baie geluk aan die BD o.15-seunskrieketspan wat op 18 Februarie teen Hoërskool Hermanus geseëvier het met ‘n 49 lopie-wen! HSB het eerste gekolf en 106 lopies aangeteken. HS Hermanus kon net 57 lopies aanteken. Agter vlnr: Zac de Jager, Gyan Gertze, mnr S Nieuwoudt (afrigter), mnr M van der Vyver (afrigter), Edmund O’Ehley, Jean Bauer, […]
Vier BD-dogters wat skryf- en digkuns geniet, het op 18 Februarie die geleentheid geniet om by Muddy Waters op Napier met ander jong skrywers van Hermanus, Swellendam en Caledon koppe bymekaar te sit. ‘n Werkswinkel vir jong digters is deur mnr Bernard Odendaal, professor verbonde aan die navorsingseenheid vir Taal en letterkunde van Noordwes-Universiteit, aangebied. […]
HSB is baie trots op die vier BD-dogterskrieketspelers wat in die Suid-Bolandspan opgeneem is. Hulle is ‘n groep van 14 dogters wat gedurende die kwartaal aan verskeie wedstryde sal deelneem. Baie geluk! Agter vlnr: LZ du Toit en Tanisha Arries Voor vlnr: Junicke Newman en Chandré Abrahams
Baie dankie aan al ons borge se getroue ondersteuning! We appreciate your contribution to our hosting of a successful golf day. We would also like to say thank you to the players who came and spent the day with us, we hope you enjoyed the day as much as we did! Baie dankie ook aan […]









