Netbalkliniek: Swellendam

Die netbalseisoen is goed afgeskop! Die 0/14 tot 0/16 netbalspanne het van 25 – 26 Februarie ‘n netbalkliniek in Swellendam bygewoon. Die kliniek is deur Burta de Kock, voormalige Protea-afrigter, aangebied. Burta was deur drie Crinum-netbalspelers vergesel. Die dogters se vaardighede is getoets en verbeter. Die BD’s is dankbaar vir die geleentheid en opregte dank word aan juff. Odendaal, Slabbert en van Wyk uitgespreek wat die spelers vergesel het! Baie dankie aan die borg, Etna’s Southerntip, vir die mooi hoedjies wat die spelers teen die son beskerm het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *