Daily Archives: 19 October 2023

BESIGHEIDSTUDIES SPOG MET TWEE TOPPOSISIES

Safana Walele het vanjaar ‘n gemiddeld van 98,9% in Besigheidstudies behaal wat haar die top Besigheidstudieleerder van die Overbergdistrik maak. En om haar prestasie te kroon, het Johané Beukes die 3de posisie in die distrik ingepalm met ‘n gemiddeld van 93%. Ons is behoorlik breëbors oor hierdie twee matrieks! Mnr Shaun van der Walt, vakadviseur […]

RUITERKUNS

Adri Groenewald, graad 10, het Vrydag en Saterdag aan die Villiersdorpskou deelgeneem. Sy het die volgende prestasies behaal: Drawwersklas: eerste plek Gallopklas: tweede plek 3-gangryperd: eerste plek 3-gangruiterkuns: derde plek Kampioen 3-gang plesierperd: eerste plek Kampioen 3-gang ryperd: tweede plek Baie geluk, Adri, ons is baie trots op jou!

PRESTIGE EVENING 2023

The annual prestige evening was held on 17 October 2023. The evening consisted of various awards being handed out to the current grade 12s, sports- and cultural winners. The head leaders for 2024 were announced, both for the school and hostel. Hoofleiers vir 2024: Somé Louw: Hoofdogter Lohann Fourie: Hoofseun Minke du Toit: Onderhoofdogter Kyle […]

REDENAARS

Helena Kriel (gr 11) en San-Mari Rossouw (gr 10) was onderskeidelik die goue en silwer medaljewenners van die Skeepswrakmuseum se jaarlikse Redenaarskompetisie op 23 Mei. Op 13 Oktober het hul voorts aan die volgende rondte van die Overberg/Overstrand Museums Redenaars-kompetisie gaan deelneem. Altesaam 15 redenaars (drie verteenwoordigers van vyf museums) moes sake uitspook op verbale […]

VERRYKINGSESSIE AFRIKAANS HUISTAAL

Agtien gr 12 BD’s het op 14 Oktober hul Saterdag opgeoffer om ‘n verrykingsessie (“High-flyer-programme”) vir Afrikaans Huistaal by te woon. Dit was ‘n gulde geleentheid vir die top presteerders in hierdie vak om hul kennis op te skerp voor die Nasionale eindeksamen eersdaags ‘n aanvang neem. Hulle het die voorreg gehad om by ervare […]

JEUGSKOU

Nege van ons BD’s het op 14 Oktober aan die Villiersdorp Streekjeugskou deelgeneem. Ons BD’s het die volgende uitslae verower: Perde: Ruan Temmers: derde plek Skye Appel: vyfde plek Kullinêre kuns: Ina-Mari Augustyn: eerste plek Taygan Jameson: tweede plek Matt Fortuin: derde plek Mikayla de Jager: vierde plek Suiwelbereiding: Helena Kriel: eerste plek Willem Strauss: […]

VRL 2023/2024

Die matriekraad en VRL van 2024 het vandag hul jaarlikse leierskapsopleiding gehad. Mnr Henry Pratt het die leerders bietjie uit hul gemaksones gekry en geleer dat vertroue en kommunikasie belangrike komponente van enige suksesvolle groep is. Daar is is baie gelag, planne beraam en ‘n vrees of twee oorkom. Dankie aan Juf. Genis en Juf. […]