Baie geluk aan al ons leerders wat deelgeneem het.
Author Archives: Estelle Genis
Die matriekraad van 2022 het saam met Meneer Diedericks en Juffrou Slabbert van 8-10 Desember by Back to Basics gaan kamp. Die leerders het ‘n ongelooflike tyd gehad en soveel geleer. Baie sterkte met die groot taak wat voorlê!
Alexander Janse van Rensburg, graad 8, neem tans aan die Western Cape Long Couse Championship by die Universiteit van Wes-Kaap deel. Hoërskool Bredasdorp wens hom alle sterkte toe.
Desember 2021 en Januarie 2022 se prys!
Hoërskool Bredasdorp se tennis- en netbalhuisie is onlangs geverf en dit lyk baie netjies. Die klubhuis en snoepie word binnekort ook geverf.
HSB is baie trots op Anelmari van Niekerk wat die naweek haar Bolandklere in krieket verwerf het. Boland het Saterdag ñ oefenwedstryd teen Olifantsvallei op Bolandpark in die Paarl, gespeel. Die vakansie speel Boland in ñ toernooi in Gqeberha. Ons wens Anelmari alle sterkte toe.
George de Kock, Janco Fourie en Anna Pretorius neem vandag aan tweekamp in die Paarl deel. Dit is George se laaste tweekamp vir Hoërskool Bredasdorp, so net na die eindeksamen. ‘n Betrokke BD is ‘n gelukkige BD. #BDtrots
Norté Mintoor, graad 9, het op Saterdag, 16 Oktober, vir die Boland 0/15 Sewes rugbyspan teen onder andere SWD en WP gespeel. Die Bolandspan het in twee opwindende wedstryde hierdie spanne geklop. Baie geluk!








