Author Archives: Estelle Genis

KLEUREREDENAARS

Die goue en blouspan redenaars het vanoggend (28 Februarie) sake uitgespook tydens die jaarlikse Kleureredenaars. Ten einde te bepaal wie die beste hulle woord gestand kan doen, moes die beoordelaars behoorlik kopkrap. Agt sterk dogtersprekers het hulle uitstekend van hul taak gekwyt. Baie geluk aan die goudspan wat vanjaar as die wenners aangewys is. Agter […]

GRADE 8 BAREFOOT DAY / KAALVOETDAG

Die BD’s se jaartema vir 2025 is Voetspore/Footprints . Die gr 8’s is verantwoordelik om in kwartaal 1 hierdie tema prakties uit te beeld. Hulle het met die blink plan vorendag gekom om ‘n Kaalvoet Civviedag te hou. Hiermee wil hul graag hul dankbaarheid en nederigheid bewys. Fondse wat op hierdie manier ingesamel is, sal […]

HEUNINGBERG MEDIESE SENTRUM SLAAN KISHOU

Voortaan gaan Hoërskool Bredasdorp se Eerste Seuns- en dogtertennisspan spoggerig vertoon in hulle spinternuwe tennisklere, danksy Heuningberg Mediese Sentrum. Hierdie spelers vertrek eersdaags na Sun City om deel te neem aan die Menlo Mixit Tennistoernooi. Op die foto verskyn Agter vlnr: Daniël Fourie, Jan-Carel Lochner, Luan Prins en Mkhululi Tundezwa Voor vlnr: Melissa Saayman, Nina […]

BD DOGTERSKRIEKET KLOP HOËRSKOOL HERMANUS

Hoërskool Bredasdorp se o.19-dogterskrieketspan het op 18 Februarie vir Hoërskool Hermanus oortuigend met 4 paaltjies gewen. Hermanus het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Hulle het 71/10 lopies in 18.5 beurte aangeteken. Die Beste BD-boulers was: LZ du Toit, 3/20 (4) en Junicke Newman (2/4 (4). Tydens die BD’s se kolfbeurt, kon […]

ONDERWATERHOKKIE

Ons wens die onderwaterhokkiespelers wat vanaf 21-23 Maart aan die Nasionale Kampioenskappe in Bloemfontein gaan deelneem, ‘n suksesvolle kampioenskap toe. Mag dit vir elkeen nie net ‘n leerervaring wees nie, maar ook ‘n geleentheid om nuwe vriende te maak. Ons hou duim vas. Ons glo dit sal goed gaan. Dogters: Agter vlnr: Suzanne Pretorius, Clara […]