Die skool is in Augustus vir twee dae deur ‘n onafhanklike SEA (School Evaluation Authority) geëvalueer. Mnr Retief het op Saterdag, 23 November, ‘n toekenning van die provinsiale Minister van Onderwys, mnr David Maynier, vir die skool se uitstekende evaluasiepunte, ontvang. Op die foto is mnr Retief saam met die waarnemende skoolhoof van Laerskool Swellendam […]
Category Archives: Uncategorised
Baie dankie aan elkeen wat die HSB Familie-Duinedag bygewoon het. Elkeen teenwoordig het die dag baie geniet en sien uit daarna om dit volgende jaar weer te doen. Mnr Hannes van der Merwe van VANVENTURES SA het die roete uitgewerk en verskeie VANVENTURES-pryse aan deelnemers oorhandig. Ons wil graag die volgende persone en instansies bedank: […]
Die graad 10-leerders het klere ingesamel as deel van HSB se gemeenskapsprojek. Hulle het dit vanoggend by die ACVV afgegee. Baie dankie vir julle omgee harte! Op die foto is Palesa Namise (links) en Evah Meyer saam met die ACVV-verteenwoordiger.
NSS-VRAESTEL MERKERS Hoërskool Bredasdorp spog vanjaar met 7 NSS-nasieners! Hierdie onderwysers sal gedurende Desember die graad 12-nasionale eksamenvraestelle in Kaapstad nasien. Ons is bevoorreg om hulle as onderwysers by die skool te hê. Dankie vir jul groot opoffering en toewyding aan die leerders. Ons waardeer julle!
2024 se NSS-eksamen het vandag uiteindelik tot ‘n einde gekom. Die eindeksamen het op 21 Oktober begin en ons matrikulante het op 25 November amptelik hulle skoolloopbaan voltooi met die aflê van Afrikaans Vraestel 2 (Voorgeskrewe). Groot was die oomblik toe hulle buite die saal deur hulle ouers en voogde ingewag is. Inderdaad ‘n lekker […]
Hoërskool Bredasdorp se borge en donateurs is gister tydens ‘n borgefunksie met ‘n heerlike ontbyt bedank vir hul ondersteuning van die BD’s op verskeie terreine, Mnr Thys Kriel is aangewys as die borge-koördineerder vir 2025 en aan die borge voorgestel.. Baie dankie aan elke borg, donateur en persoon wat ons gedurende 2025 ondersteun het. U […]
Kontak Dot 0621320807 vir tafel besprekings Kontantkroeg beskikbaar.
Die graad 8 en 9-graadgroepe het gedurende die 4de kwartaal die tema, Connected to the Community, bestuur. Produkte is entoesiasties ingesamel vir die bederfbak-projek wat deur die Bredasdorp Gemeente geïnisieer is. Met hierdie uitreik wil ons graag minderbevoorregtes tydens die kersseisoen bederf. Baie dankie aan elke leerder en ouer wat deel gevorm het van dié […]