HSB se 1ste tennisspan klop HS Overberg 8-0. Baie geluk aan: Lohann Fourie, AJ Basson, Thomas Fourie, Anja Geyer, Mieke Saayman, Juan Ferreira, Anelmari van Niekerk en Minke du Toit. Ons is voorwaar trots op hierdie BD’s
Category Archives: Uncategorised
Bazola Stofile, gr 11, het die afgelope naweek vir die WP O.19-liggamsbouspan aan die SA Body Building-kompetisie, in Beaufort-Wes, deelgeneem en die bronsmedalje in sy ouderdomsgroep verower. Hy het ook sy WP-kleure ontvang. Ons is trots op jou, Bazola!
Die ATKV Suidpunt-tak het onlangs ‘n kompetisie geloods om ‘n liefde vir Afrikaans te bevorder. Die leerders en onnies moes met kreatiewe slagspreuke vorendag kom wat as bufferplakkers gebruik sal word. Die BD’s was beslis vindingryk en kreatief en het fluks deelgeneem. Op die foto verskyn agter vlnr: Nico Loubser (ATKV Suidpunt), Elize Fortuin (ATKV […]
Jumerie Beukes (left), George de Kock (middle) and Vincent Greeff achieved excellent results in the first round of the programming olympiad that took place in August. Over 200 schools participated, 1320 entrants. The top 50% of all participants in the country received certificates. (Gold top 7%, Silver the next 14% and Bronze the next 29% […]
Best of luck to all the matrix! Sterkte aan ons matrieks met hulle eksamen.
Die Burgemeester, mnr Paul Swart, het vanoggend by die matrieks ingeloer en vir hul ‘n mooi gebed gedoen. HSB het KAM bedank vir hul borgskap van R15 000 ten bate van die pas afgelope Lenteskool. Die matrieks skryf vandag Eng HT en EAT Vraestel 1. Op foto agter vlnr: Jayden Treu, Duan Rousseau, Schalk Vorster, […]
HSB bedank graag vir Spar Bredasdorp vir hul bydrae tot die Hartcourts 0.15 T4J Dubbelstoernooi. Spar is ons skool baie goed gesind en ons wil ons ouers aanmoedig om hul te ondersteun.
Baie geluk aan mnr Van der Vyver (afrigter) se 0.15- krieketspan wat vanmiddag ‘n gekombineerde eerste en tweede span van Curro Hermanus met 4 lopies geklop het. HSB het 70 lopies aangeteken. Ons is trots op die manne!
HSB se krieketdogters het vanmiddag gelykop gespeel teen HS Robertson in ʼn twintigbeurtwedstryd. Beide spanne het 65 lopies aangeteken. Baie geluk aan juf. Elza Olivier (afrigter) en die dogters.
Anja Geyer en Minke du Toit was dubbelsmaat en haar gemengde dubbelsmaat was Thomas Fourie.










