Category Archives: Uncategorised
Norté Mintoor, graad 9, het op Saterdag, 16 Oktober, vir die Boland 0/15 Sewes rugbyspan teen onder andere SWD en WP gespeel. Die Bolandspan het in twee opwindende wedstryde hierdie spanne geklop. Baie geluk!
Jurie-Johann Groenewald, graad 12, is ingesluit in ‘n 7’s rugbyspan, Peregrines, wat hierdie jaar aan ‘n internasionele 7’s toernooi in Dubai sou gaan deelneem het. Al hierdie spelers kom uit die Boland uit. As gevolg van Covid, is hierdie toernooi na Oktober 2022 in Mauritius uitgestel. Jurie-Johann is as onderkaptein van hierdie span gekies. Baie […]
“Great leaders don’t set out to be a leader. They set out to make a difference. It is never about the role – always about the goal!”
Anelmari van Niekerk, graad 10, is in die 0/16 Boland dogterskrieketspan opgeneem. Hierdie span speel van 13 tot 17 Desember in ‘n nasionale toernooi wat in Gqeberha plaasvind.
Hoërskool Bredasdorp is deur die WKOD aangewys as ‘n loodskool vir “Coding and Robotics”. Opleiding sal in 2022 plaasvind en die vak sal vanaf 2023 ingefaseer word. #Arbeid-adel #Work-ennobles
Schalk Vorster (graad 12) het vroeër vanjaar aan die ‘Matrics in Antarctica’ kompetisie begin deelneem. Dit word jaarliks vir alle matrikulante in SA aangebied. Die top 5 kandidate kry die geleentheid om aan die begin van 2022 vir 6 dae na Antarktika te reis. Matrikulante moes die volgende vraag in opstelvorm beantwoord: “ If saving […]








