Category Archives: Uncategorised

GRADE 8 BAREFOOT DAY / KAALVOETDAG

Die BD’s se jaartema vir 2025 is Voetspore/Footprints . Die gr 8’s is verantwoordelik om in kwartaal 1 hierdie tema prakties uit te beeld. Hulle het met die blink plan vorendag gekom om ‘n Kaalvoet Civviedag te hou. Hiermee wil hul graag hul dankbaarheid en nederigheid bewys. Fondse wat op hierdie manier ingesamel is, sal […]

HEUNINGBERG MEDIESE SENTRUM SLAAN KISHOU

Voortaan gaan Hoërskool Bredasdorp se Eerste Seuns- en dogtertennisspan spoggerig vertoon in hulle spinternuwe tennisklere, danksy Heuningberg Mediese Sentrum. Hierdie spelers vertrek eersdaags na Sun City om deel te neem aan die Menlo Mixit Tennistoernooi. Op die foto verskyn Agter vlnr: Daniël Fourie, Jan-Carel Lochner, Luan Prins en Mkhululi Tundezwa Voor vlnr: Melissa Saayman, Nina […]

BD DOGTERSKRIEKET KLOP HOËRSKOOL HERMANUS

Hoërskool Bredasdorp se o.19-dogterskrieketspan het op 18 Februarie vir Hoërskool Hermanus oortuigend met 4 paaltjies gewen. Hermanus het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Hulle het 71/10 lopies in 18.5 beurte aangeteken. Die Beste BD-boulers was: LZ du Toit, 3/20 (4) en Junicke Newman (2/4 (4). Tydens die BD’s se kolfbeurt, kon […]

ONDERWATERHOKKIE

Ons wens die onderwaterhokkiespelers wat vanaf 21-23 Maart aan die Nasionale Kampioenskappe in Bloemfontein gaan deelneem, ‘n suksesvolle kampioenskap toe. Mag dit vir elkeen nie net ‘n leerervaring wees nie, maar ook ‘n geleentheid om nuwe vriende te maak. Ons hou duim vas. Ons glo dit sal goed gaan. Dogters: Agter vlnr: Suzanne Pretorius, Clara […]

GR 7-OPEDAG / OPEN DAY

Aspirant gr 8’s het op 17 Februarie die geleentheid gehad om ‘n voorsmakie te kry van wat dit behels om ‘n hoërskoolleerder te wees. Hierdie voornemende gr 8’s van 2026, het entoesiasties deelgeneem aan die aktiwiteite en speletjies wat tydens die jaarlikse gr 7 Ope-aand aangebied is. Hul het veral die kompetisie tussen die onderskeie […]

O.15-SEUNSKRIEKET vs HS HERMANUS

Baie geluk aan die BD o.15-seunskrieketspan wat op 18 Februarie teen Hoërskool Hermanus geseëvier het met ‘n 49 lopie-wen! HSB het eerste gekolf en 106 lopies aangeteken. HS Hermanus kon net 57 lopies aanteken. Agter vlnr: Zac de Jager, Gyan Gertze, mnr S Nieuwoudt (afrigter), mnr M van der Vyver (afrigter), Edmund O’Ehley, Jean Bauer, […]