SEWESRUGBY

Hoërskool Bredasdorp het, danksy die ruim borgskap van Overberg Wealth & Risk Management, Santam Landbou en PG Glass, op Saterdag, 2 September, die jaarlikse sewes rugbytoernooi aangebied. Altesaam 32 spanne wat o.15- en o.17-spelers ingesluit het, het aan hierdie prestige toernooi deelgeneem. Die toernooi is voorafgegaan deur ‘n lotingsfunksie in die opleidingsaal van Overberg Wealth & Risk Management, op 1 September. Die gasspreker was mnr Ricky Petersen (voormalige WP-Sewesafrigter) Die deelnemende skole was: Boland Landbou, HS Charlie Hofmeyr (Ceres), Hoërskool Bredasdorp, Emil Weder, Hoërskool Hermanus, Hoërskool Melkbosstrand, Hoërskool Montagu, Hoërskool Overberg, Hoërskool Paarl Gimnasium, Hoërskool Parel Vallei, Hoërskool Robertson, Hoërskool Stellenbosch, Hoërskool Swartland, Hoërskool Vredenburg, Hoër Landbouskool Oakdale, Paarl Boys High. Die uitslae van die onderskeie afdelings was as volg: o.15 Skild Finaal: Paarl Boys High wen vs HS Hugenote 12-7 o.15 Plaat Finaal: HS Hermanus wen vs HS Drostdy 26-5 o.15 Groot Uitdaag: HS Paarl Gimnasium wen vs Boland Landbou 19-14 o.17 Skild Finaal: HS Charlie Hofmeyr wen vs HS Overberg 38-0 o.17 Plaat Finaal: Boys High wen vs HS Hermanus 24-10 o.17 Groot Uitdaag: HS Paarl Gimnasium wen vs HS Bredasdorp 41-5 Baie geluk aan Junaide Stuart en Ruan Temmers wat vir die o.17-Span van die Toernooi (top 12 spelers) gekies is. Ons borge, Overberg Wealth & Risk Management, Santam Landbou en PG Glass se volgehoue ondersteuning word opreg waardeer. Hul betrokkenheid by Hoërskool Bredasdorp verseker die sukses van opwindende geleenthede soos die jaarlikse Sewesrugby. Baie dankie ook aan die volgende rolspelers wat bygedra het tot die sukses van die toernooi: Mnre William Matthys (organiseerder van die toernooi), Christopher van Niekerk (departementshoof Sport), Müller Retief (skoolhoof), Jaco Swart, Pierre-Etienne Rossouw, Marius van der Vyver, Thys Kriel, mee Mariana Wessels Soretha Kotzé, Marelise Nelson, mnr Piet Smit, mee Sanna Prins, Christine Schreuder, René Brooks, Alerina Augustyn, Chanice Isaacs, Yvonne Heunis en mnre Andries Swart, Dolf Lewis en Piet Jacobs. Die snoepies by beide die Glaskasteel en die Hoërskool was weereens in mev Dot du Toit se bekwame hande. Baie dankie, Dot. Hoërskool Bredasdorp waardeer hul snoepie-tannie en al haar helpers beslis. Suideroord het Vrydagaand en Saterdagmiddag se etes voorberei. Baie dankie ook aan hulle.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *