Baie geluk aan ons pragtige BD, Britney-Leigh Oliver, gr 11, wat as Miss Teen Arniston gekroon is. Britney-Leigh sal in September aan die internasionale Toddler & Teen kompetisie in Klerksdorp deelneem. Ons wens haar sterkte toe en glo dat dit vir haar ‘n leersame ervaring sal wees. Shannon Sampson, gr 12, is die tweede prinses […]
Author Archives: Estelle Genis
Baie geluk aan Phillip Fourie wat die afgelope naweek die silver medalje gewen het op Worcester, by ñ Wilson tennistoernooi.
Die Premier se program vir die bevordering van die jeug (PAY) (Julie 2021-opname) is nou oop vir aansoeke. Neem asseblief kennis dat hierdie geleentheid SLEGS BESKIKBAAR IS VIR DIE JEUG VAN DIE WES-KAAP WAT IN 2020 GEMATRIKULEER HET. Van die aansoeke wat ontvang is, gaan 150 interns gekies word om aan die program deel te […]
Baie geluk aan die BD-onderwaterhokkiespelers met die pragtige uitslae wat hul as Boland-verteenwoordigers by die Nasionale Kampioenskappe behaal het. Die uitslae is as volg: O.19A-meisies: Elza de Kock, Elmarie Vermeulen – silwer medalje O.19B-meisies: Anna Pretorius – 6de plek O.19A-seuns: Sebastian van der Walt, George de Kock, Janco Fourie, Harold de Wet – 4de plek […]
Hoërskool Bredasdorp spelers wat Boland verteenwoordig by SA Junior Nasionale onderwaterhokkie Kampioenskappe, 30 April – 1 Mei. Sterkte!
Netbaldogters tydens die netbalkliniek wat aangebied is deur Bennie Saayman en Annelie Lucas. Die meisies is baie opgewonde en bly om weer op die netbalbaan te mag wees. Hul sien baie uit na die 2021 netbalseisoen.
Baie geluk aan John Dunn. Hy het vanoggend op Hermanus deelgeneem aan die Walker Bay Extreme.
Baie geluk aan HSB se dogters wat die Overbergbeen van die BNP Paribas RCS Rising Stars Tennistoernooi, gewen het. V.l.n.r. Mieke Saayman, Anja Geyer, Minke du Toit en Anelmari van Niekerk. HSB se seuns het tweede gekom.
Die gr 12’s het vandag ‘n nuwe tradisie begin toe hul hul matriektruie in ontvangs geneem het.
Lohann Fourie en Juan Ferreira (op foto) het vir 0.15 Overberg teen Drakenstein tennis gespeel. By 0.19 het Anelmari van Niekerk, Elmarie Vermeulen en AJ Basson ook vir Overberg verteenwoordig.









