Die HSB 1ste seunshokkiespan met hul nuwe sokkies, geborg deur LBF prokureurs. Die seuns is opreg trots en opgewonde oor die nuwe hokkieseisoen. Baie dankie vir u ondersteuning.
Category Archives: Uncategorised
Die HSB 1ste seunshokkiespan spog met splinternuwe hokkiesakke wat verlede jaar geborg is deur JEBO CONNECT (Mnr Willem Steenkamp). Baie dankie aan Jebo Connect vir hul ondersteuning!
Sportprogram 15 Mei
Baie geluk aan ons pragtige BD, Britney-Leigh Oliver, gr 11, wat as Miss Teen Arniston gekroon is. Britney-Leigh sal in September aan die internasionale Toddler & Teen kompetisie in Klerksdorp deelneem. Ons wens haar sterkte toe en glo dat dit vir haar ‘n leersame ervaring sal wees. Shannon Sampson, gr 12, is die tweede prinses […]
Baie geluk aan Phillip Fourie wat die afgelope naweek die silver medalje gewen het op Worcester, by ñ Wilson tennistoernooi.
Die Premier se program vir die bevordering van die jeug (PAY) (Julie 2021-opname) is nou oop vir aansoeke. Neem asseblief kennis dat hierdie geleentheid SLEGS BESKIKBAAR IS VIR DIE JEUG VAN DIE WES-KAAP WAT IN 2020 GEMATRIKULEER HET. Van die aansoeke wat ontvang is, gaan 150 interns gekies word om aan die program deel te […]
Baie geluk aan die BD-onderwaterhokkiespelers met die pragtige uitslae wat hul as Boland-verteenwoordigers by die Nasionale Kampioenskappe behaal het. Die uitslae is as volg: O.19A-meisies: Elza de Kock, Elmarie Vermeulen – silwer medalje O.19B-meisies: Anna Pretorius – 6de plek O.19A-seuns: Sebastian van der Walt, George de Kock, Janco Fourie, Harold de Wet – 4de plek […]
Hoërskool Bredasdorp spelers wat Boland verteenwoordig by SA Junior Nasionale onderwaterhokkie Kampioenskappe, 30 April – 1 Mei. Sterkte!
Netbaldogters tydens die netbalkliniek wat aangebied is deur Bennie Saayman en Annelie Lucas. Die meisies is baie opgewonde en bly om weer op die netbalbaan te mag wees. Hul sien baie uit na die 2021 netbalseisoen.
Baie geluk aan John Dunn. Hy het vanoggend op Hermanus deelgeneem aan die Walker Bay Extreme.









