Wat is lekkerder as om heel aand te dans, te lag, te gesels en boonop nog lekker te eet saam met mede-matrikulante. Nege BD’s het Paul Roos se jaarlikse baldans vir matriekraadslede (Woensdagaand) bygewoon. Hegte vriendskappe met leerders van verskeie skole in die Wes-Kaap, is op die spoggeleentheid gebou. Almal het heerlik saamgekuier.
Category Archives: Uncategorised
Ons is verskriklik trots op die BD’s wat gekies is om Boland tydens die Onderwaterhokkie Nasionale kampioenskappe te verteenwoordig. Die Nasionale kampioenskappe vind vanaf 21 tot 23 Maart by Generations in Somerset-Wes plaas. o/16A-seuns: Hugo Pretorius (kaptein) Jan-Carel Lochner o/16A-dogters: Jessica Burger Rémy Wessels o/19A-dames: Suzanne Pretorius o/19-seuns: Philip Fick Kevin Goliath Hugo Bester Juhaine […]
HSB vs Hoërskool Hottentots-Holland (28 Februarie 2024) 1ste span verloor 17 – 32 Drieë Miquyel Johnsen Kyle Willeman Alex Janse van Rensburg Doelskop Kyle Willeman Baie dankie aan me Yolanda Wessels vir die neem en beskikbaar stel van foto’s. Dié pragfoto’s is beskikbaar by die volgende skakel: https://wetransfer.com/…/3e1b78ca05eeeeae8229888…/d64f21
Die BD’s is baie opgewonde om me. Ella Scheepers in ons span te verwelkom. Sy is verantwoordelik vir Skeppende Kuns en Afrikaans. Sy het ook voorheen by De Heide asook Albert Myburgh skoolgehou, so sy is ‘n Bredasdorper deur en deur. Haar stokperdjies is tuinmaak, stap, hekel en verf. Beslis ‘n kreatiewe mens. Baie welkom […]
Ons is baie trots op juffrou Prins wat as afrigter van die o/14B-Boland hokkiedogters aangewys is. Hulle neem aan ‘n toernooi vanaf 19 – 22 Junie by Paarl Gimnasium, deel.
Na 8 jaar groet me. Heunis die BD’s om haar in Bloemfontein te vestig. Sy was verantwoordelik vir Skeppende Kuns en Afrikaans. Haar bydrae tot drama, noodhulp, eisteddfods en veral skaak, word beslis waardeer. Haar kreatiwiteit, lojaliteit asook opregte belangstelling in haar leerders, sal beslis onthou word. Ons beste wense vergesel haar!
‘n Aand propvol goeie vermaak, kos en lekker saamkuier! Kom toets jou musiekkennis. Maak ‘n tafel van 10 persone vol, “dress-up” en bring die GEES. Kaartjies beskikbaar by Hoërskool Bredasdorp of kontak juffrou Odendaal 0798880489. Dié kan jy nie misloop nie! Laerskool Bredasdorp Primary Ruens Kollege Rola Ford Bredasdorp Rola Toyota Bredasdorp Arniston Spa Hotel […]
Ons is baie trots op die volgende atlete wat in die Suid-Bolandspan opgeneem is: Aiden Payne SO.17 3000m, 1500m Christelize Kotze DO.14 HS, 90mH, 300mH Luke Gabriels SO.14 100mH, 300mH, VS Miguyel Johnson MO.19 110mH Waylon Abrahams SO.15 DS, 300mH, 100mH Melo Dlamini DO.15 SG Alicia Mukaratirwa DO.14 100m, 200m, 400m Fayannette Kruger VO.19 DS […]
The BHS tennis teams played their interschool games at Montagu HS on Monday, 26 February. Our BD teams delivered a stellar performance as can be seen with their results: 📌 3 seuns speel gelykop 3 elk 📌 3de dogters wen 4-2 📌 2de seuns wen 4-2 📌 2de dogters wen 6-0 📌 1ste seuns wen […]
Op 26 Februarie het 120 voornemende BD’s en talle ouers die gr 6 en 7-opedag bygewoon. Die middag het afrigtingsklinieke vir rugby, netbal en hokkie plaasgevind. Leerders het ook saam geoefen in die Crossfit-gimnasium. Kreatiewe uitstallings van die talle buitemuurse aktiwiteite het die besoekers se belangstelling geprikkel. In die onderskeie praktiese vakke kon hul interaktief […]










