Monthly Archives: March 2024

TOTSIENS, JUFFROU HEUNIS

Na 8 jaar groet me. Heunis die BD’s om haar in Bloemfontein te vestig. Sy was verantwoordelik vir Skeppende Kuns en Afrikaans. Haar bydrae tot drama, noodhulp, eisteddfods en veral skaak, word beslis waardeer. Haar kreatiwiteit, lojaliteit asook opregte belangstelling in haar leerders, sal beslis onthou word. Ons beste wense vergesel haar!

NOOT VIR NOOT-AAND

‘n Aand propvol goeie vermaak, kos en lekker saamkuier! Kom toets jou musiekkennis. Maak ‘n tafel van 10 persone vol, “dress-up” en bring die GEES. Kaartjies beskikbaar by Hoërskool Bredasdorp of kontak juffrou Odendaal 0798880489. Dié kan jy nie misloop nie! Laerskool Bredasdorp Primary Ruens Kollege Rola Ford Bredasdorp Rola Toyota Bredasdorp Arniston Spa Hotel […]

SUID-BOLAND ATLETIEKBYEENKOMS

Ons is baie trots op die volgende atlete wat in die Suid-Bolandspan opgeneem is: Aiden Payne SO.17 3000m, 1500m Christelize Kotze DO.14 HS, 90mH, 300mH Luke Gabriels SO.14 100mH, 300mH, VS Miguyel Johnson MO.19 110mH Waylon Abrahams SO.15 DS, 300mH, 100mH Melo Dlamini DO.15 SG Alicia Mukaratirwa DO.14 100m, 200m, 400m Fayannette Kruger VO.19 DS […]

GR 7 OPEDAG

Op 26 Februarie het 120 voornemende BD’s en talle ouers die gr 6 en 7-opedag bygewoon. Die middag het afrigtingsklinieke vir rugby, netbal en hokkie plaasgevind. Leerders het ook saam geoefen in die Crossfit-gimnasium. Kreatiewe uitstallings van die talle buitemuurse aktiwiteite het die besoekers se belangstelling geprikkel. In die onderskeie praktiese vakke kon hul interaktief […]

OPEDAG – NETBALL COACHING CLINIC

Ons jaarlikse opedag het vanaand, 26 Februarie, plaasgevind. Om toekomstige BD’s ‘n idee te gee oor wat van hulle op die sportveld verwag sal word, is daar afrigtingsessies deur verskeie afrigters aangebied. Daar was ongeveer 55 o/12- en o/13-dogters wat die netbalafrigtingsessie bygewoon het. Daar was twee stasies naamlik Crossfit en balvaardighede. Met die Crossfit […]