Baie dankie aan AfriForum Kaap Agulhas! Julle maak dit vir ons spelers spesiaal om deel van ons skool se rugby te kan wees. Op nog vele rugbyherinneringe.
Author Archives: Estelle Genis
Vier BD-hokkiespelers is in die Noord-Boland O.14-streekspanne opgeneem! Ons is baie trots op v.l.n.r. Brent Sinani, Kirsty Olkers, Mia Swart en Alcke Kapot. Hulle gaan gedurende die Junie-vakansie aan ‘n Bloemfontein hokkietoernooi deelneem en sal beslis ware ambassadeurs vir Hoërskool Bredasdorp wees. Baie geluk!
Nikitha August, Amanda Gouws en Amy Davids het gister aan die Skeepswrak museum se jaarlikse redenaarskompetisie deelgeneem. Amy het ‘n 3de plek verower en Amanda het 1ste gekom. Beide dring na die volgende rondte later die jaar deur en gaan vir Bredasdorp teen die bestes van al die skole in die Overberg verteenwoordig. Baie geluk!
Sterkte aan elke BD met die eksamen wat voorlê! Do your best and you will reap the rewards.
Geseënde Hemelvaartdag!
BD-NETBALSPELERS WYS HUL VERNUF Baie geluk aan die volgende O.16-netbalspan wat gekies is vir die volgende rondte Netbal Topskole wat op 4 Junie by Hoërskool De Kuilen gespeel gaan word. Julle maak die BD’s trots! Agter v.l.n.r.: Me Aliesha Odendaal (afrigter), Lisa Wolhuter, Danica du Toit, Fayannette Kruger Voor v.l.n.r.: Madeleine Engel, Anja Geyer, Trisze […]
Baie geluk aan die volgende O.14-hokkiespelers wat in verskeie Bolandgroepe ingesluit is. Agter v.l.n.r.: Kirsty Olkers, Mia Swart, Evah Meyer Voor v.l.n.r.: Brent Sinani en Alcke Kapot
Baie geluk aan die O.19-netbalspan wat na die volgende rondte Topskole Netbal deurgedring het. Hulle speel op 4 Junie in Kuilsrivier by Hoërskool De Kuilen. Ons is besonder trots op hierdie kranige netbalspelers en hul afrigter en wens hul baie sterkte toe. Agter: Aliesha Odendaal (afrigter), Linke Krause, Somé Louw, Adéle Venter, Elmarie Vermeulen, Elza […]
Die BD-netbalafrigters se harte klop beslis warm vir netbal! Me Larissa Lombard (links) is as die Overberg O.18-spanbestuurder gekies, me Aliesha Odendaal as Wes-Kaap se O.18-spanafrigtiger en me Anneri Slabbert (regs) as die Overberg 0.18-spanafrigter. Ons wens hul ‘n netbalfees vol nuwe ervaringe toe.










