Ons eerste netbalspan wil graag die volgende borge vir hul bydrae bedank: Rola Toyota Bredasdorp vir die speelklere SUPERSPAR Bredasdorp vir die rugsakke Pam Golding vir die gholfhempies Ons meisies dra dit met trots! Baie dankie dat julle in ons glo en ons BD’s ondersteun.
Author Archives: Estelle Genis
Ons hou styf duim vas vir die leerders wie se breinselle tans hard werk terwyl hul besig is met die Wiskunde Olimpiade.
12 Leerders is in die Overbergskaakspan opgeneem en het die afgelope naweek in Mosselbaai aan die WKOD Hoërskool Toernooi gaan deelneem. Dit was proewe om in die WP Skaakspan opgeneem te word. Ongelukkig is nie een van ons spelers in die WP-span nie, maar die volgende leerders het elk 3 uit 6 wedstryde gewen: Deon […]
Baie geluk aan Sylvain Arends en Liam Engel wat in O.16 hokkie streekspanne opgeneem is. Hul neem in Junie aan ‘n nasionale toernooi deel. Voorspoed, manne! Ons hou julle fyn dop.
SOLO’S Silwer: Fayannette Kruger Lurita Fourie Cassidy September Goud: Amanda Gouws Cum Laude: Tanya van der Mescht Josie Dennis Nina van Zyl Britney-Leigh Oliver Britney en Josie is na die Prestige Konsert genooi om hul items weer op te voer. GROEPE Hip-Hop – Silwer: 1 en Goud: 3 Modern – Silwer: 2 en Goud: 1
Minke Terblanche en Elmarie Vermeulen is deur na die finale Wes-Kaap Netbalproewe wat op 13 en 14 Mei in Oudtshoorn plaasvind. Ons is baie trots op hierdie twee dogters, dit is ‘n besonderse prestasie.
Baie geluk aan Britney-Leigh Olivier en Josie Dennis wat na afloop van die Kaapstad Danseisteddfod uitgenooi is om hul dansitems by die Prestige Konsert te gaan vertoon. Ons is trots op ons dansers wat raakgesien word!
Die sportprogram vir die week teen HS Hermanus op Hermanus. Sterkte aan al ons spanne wat deelneem!
S.15: Alexander Plaatjies, 1ste; Patrick Plaatjies, 2de. S.16: Juan Ferreira, 2de; Jeandré Human, 3de Foto v.l.n.r.: Jeanré Human, Juan Ferreira, Patrick Plaatjies, Alexander Plaatjies Ons wens hul sterkte toe met hul volgende wedloop wat op 14 Mei in Riviersonderend plaasvind.
Baie geluk aan die volgende rugbyspelers wat deurgedring het na die volgende rondte proewe vir moontlike opname in die Bolandspan. Hulle speel eerskomende Maandag in Wellington: O.16: Albert Lambrecht, Fortune Goni, Charl Newman, Ismail Jongie O.19: Stuwayne Lewis, Naide April, Harold de Wet Agter v.l.n.r.: Ismail Jongie, Stuwayne Lewis, Harold de Wet, Charl Newman Voor […]










