BD’s kolf eerste en teken 75 lopies in 20 beurte aan. Beste kolwer: Brian Vermeulen (34). Montagu word vir 61 lopies uitgeboul. Beste bouler: Brian Vermeulen (4-10-4). Chadwill Abrahams (4-24-4). Die BD’S wen op hul tuisveld met 15 lopies!
Author Archives: Estelle Genis
BD’s wen Montagu met 20 lopies! BD’s het die loot verloor en Montagu, die tuisspan, het ons ingestuur om te gaan kolf. Ons teken 54 lopies vir almal uit in 16 boulbeurte aan. Beste kolwer: Anelmari van Niekerk – 27 lopies. Die BD’s boul toe vir Montagu vir 35 lopies in die 11de boulbeurt uit. […]
Baie sterkte aan die 18 BD’s wat van Donderdag tot Saterdag by die Suid-Boland byeenkoms gaan deelneem vir ‘n plek in die Bolandspan. Die byeenkoms vind by die Dal Josafatstadion in Paarl plaas. We are very proud of this big group of athletes and wish them all the best!
BD’s maak skoonskip teen Montagu! Baie geluk. 1ste seuns wen 5-1 1ste dogters wen 6-0 2de seuns wen 4-2 2de dogters wen 6-0
22 Februarie Die BD’s het met 5 paaltjies teen Montagu in ‘n wegwedstryd verloor. Montagu teken 43 lopies aan vir die verlies van 5 paaltjies. Alexander Janse van Rensburg neem 4 paaltjies vir 29 lopies. Hier is die manne saam met hul afrigters, Mnr. Marius van der Vyver en Mnr. David Snyman.
Die gr 12-Verbruikerstudieklas se kosmaakvermoë is gister in hul praktiese klas getoets. Hulle het Chicken a la King gemaak. Dankie aan juf Van Wyk wat die BD’s die geleentheid gee om hulself te toets en te verbeter. Daar is beslis ‘n paar Masterchefs op die horison.
21 Februarie Ongelukkig moes die BD’s se gholfspan teenoor Montagu die knie buig (25 – 49). Montagu wen die eerste 5 punte van vanjaar se interskole. Die spelers het dit egter baie geniet en goeie weer gehad.
1ste dogters wen 6-0 1ste seuns wen 5-1 2de seuns gelykop 3 elk
KRIEKET: 20 Februarie Suid-Boland 0/16 seuns speel gelykop teen Worcester Hub met 103 lopies elk. Zandré le Sueur teken 12 lopies aan. Hy neem ook 2 paaltjies vir 12 lopies in 2 beurte. Kiethan Arries teken 3 lopies aan.
KRIEKET: 20 Februarie Suid-Boland dogters 0/19 wen Worcester Hub met 7 paaltjies. Die BD’s se eie Anelmari van Niekerk neem 3 paaltjies vir 12 lopies in 4 beurte. Fayenette Kruger het 1 boulbeurt vir 6 lopies afgestuur.










