HSB se 1ste Rugbyspan het in die Arende-aand toernooi teen Worcester Gimnasium kragte gemeet. Die BD’s het ongelukkig 36 – 0 verloor. Die spelers het egter hul alles in die tweede helfde gegee en hard terugbaklei! Die telling met halftyd was 29 – 0. We are looking forward to this season!
Author Archives: Estelle Genis
KRIEKET: HSB se 0/15 Krieketspan het teen Swartberg Sekondêr op Caledon gespeel. Die BD’s het eerste geboul en Swartberg beperk tot 84 vir 6 in hulle 20 boulbeurte. Brady Mentoor het in die veld geskitter en het 3 vangskote geneem. Beste boulers was Llewellyn Gabriels (2-22) en Rieghard Roos (2-28) in hulle 4 boulbeurte. HSB […]
18 leerders het reeds aan twee rondtes Overberg skaakproewe deelgeneem. Die volgende 13 skaakspelers neem op Saterdag, 5 Maart, by Swartberg Sekondêr (Caledon) aan die Overberg Skole Geslote Skaakkampioenskappe deel. Agter v.l.n.r.: Kirsten Valentine, Mikayla Herselman, Jacques Harmse, Deon Harmse, Brandon Edwards Middel v.l.n.r.: Lynne Cloete, Emma Bester, Hugo Bester, Remi Mostert Voor v.l.n.r.: Neesha […]
Baie geluk aan Hugo Bester, gr 8, wat in die WP Diepsee Hengelspan opgeneem is. Die span neem vanaf 27 Maart tot 2 April aan ‘n nasionale byeenkoms in Port St Francis deel.
Die Boland Tweekamp Kampioenskappe het Saterdag, 26 Februarie, by Hoërskool Hugenote in Wellington plaasgevind. Elza de Kock (Silwer medalje), Anna Pretorius (Brons medalje) en Janco Fourie (Brons medalje) het deelgeneem. Baie geluk aan hierdie drie BD’s!
SUPERSPAR het tydens die Overberg Agri / Overberg Wealth & Risk Management T4J Dubbelstoernooi gehelp om kospakkies vir die tennisspelers moontlik te maak. Hierdie winkel het ‘n hart vir ons skool en gemeenskap en verdien ondersteuning.
Na 13 jaar en 10 maande verlaat mev Rayvon van Niekerk ons vandag. Baie dankie vir jou harde werk en hulpvaardigheid, jou lojaliteit en vriendelikheid. Ons gaan jou breë glimlag in die gange mis, Rayvon! Ons mooiste wense vergesel jou op jou pad vorentoe. Op die foto is me Van Niekerk saam met mnre Dolf […]
Die netbalseisoen is goed afgeskop! Die 0/14 tot 0/16 netbalspanne het van 25 – 26 Februarie ‘n netbalkliniek in Swellendam bygewoon. Die kliniek is deur Burta de Kock, voormalige Protea-afrigter, aangebied. Burta was deur drie Crinum-netbalspelers vergesel. Die dogters se vaardighede is getoets en verbeter. Die BD’s is dankbaar vir die geleentheid en opregte dank […]
Stellenbosch kolf eerste en word vir 68 lopies na 25 boulbeurte uitgeboul. Beste boulers: Francois Rossouw (3-9-3), Zandré le Sueur (2-11-4) en Kiethon Arries (2-17-4). HSB teken toe 69 lopies in die 12de boulbeurt aan. Beste kolwers: Chadwill Abrahams (23), Andre Bothma (10) en Kiethon Arries (10). Die BD’s wen met 6 paaltjies! Baie dankie […]
Lohann Fourie het die naweek aan twee tennistoernooie deelgeneem. Saterdag het hy in die Ope afdeling van die Kavaliers Wilson toernooi eerste gekom en vandag was hy derde in die WP Wilson toernooi.










