Luan Prins (gr9) het die afgelope naweek ‘n pragtige tweede plek in die 0/18 Wilson Tennistoernooi op Stellenbosch behaal.
Category Archives: Uncategorised
Ons is trots op die twee onnies en drie BD’S wat vandag die 109 km van die Argus-fietswedren suksesvol in nat toestande afgelê het. Ten spyte van die eendeweer, het hul dit baie geniet. Mnr Retief (skoolhoof) het sy 22ste wedren voltooi, mnr Terblanche, sy derde en Dian Fourie (gr9) en John Dunn (gr11) wat […]
One of our Grade 12 Learners, Miche Swart, assisted in hosting an Animal Wellness Clinic! We are proud of the difference you are making!
Die BD’s was aan die spook en het hul staal gedurende die 2022 Suid-Afrikaanse Wiskunde Olimpiade gewys. Hierdie leerders wys hulle is nie bang om tydens die toetsreeks en sportaktiwiteite tyd af te knyp om aan dié Olimpiade deel te neem nie!
Brandon Edwards het die afgelope naweek as verteenwoordiger van die Overbergspan in ‘n interstreekskompetisie in Saldanha gespeel en 5de geëindig. Baie geluk, Brandon! Nog elf BD’s is na die naweek se geslote skaakbyeenkoms tot die Overbergspan verkies. Hulle is: Remi Mostert, Lynne Cloete, Kirsten Valentine, Jacques Harmse, Deon Harmse, Hugo Bester, Emma Bester, Javen Hansen, […]
Met HSB se VRL aan die stuur kon die BD’s vandag hul skoolboeke in enige houer, buiten ‘n skooltas, skool toe bring. Alles om gees te vang voor die toetsreeks begin. Die tema was “Anything goes… Replace your schoolbag!” Van inkopiemandjies en –trollies, mikrogolfbokse, stapsakke, wasgoedmandjies, kratte, toksakkie, broodblikke, emmers, tot ‘n springmieliemasjien… die BD’s […]
Sondag, 6 Maart het hierdie leerders vir die Kavaliers Platteland tennis teen WP – Cape Town, Drakenstein en Wynland gespeel. Bo is v.l.n.r. Minke Terblanche, Luan Prins en Mieke Saayman. Onder v.l.n.r. is Elmarie Vermeulen, Anelmari van Niekerk, AJ Basson en Lohann Fourie.
Hoërskool Bredasdorp wens Rola Toyota Bredasdorp hartlik geluk met hierdie uitstekende prestasie! Ons skool is baie trots op wat julle in die gemeenskap bereik. Ons skool is ook trots om met julle geassosieer te word. Keep up the good work and keep moving forward!
Zané Myburgh en Anzia Coetzee, beide graad 8-leerders, het aan die 2022 Winelands Gromp Competion in die Strand deelgeneem. Zané het ‘n 4de plek behaal en Anzia ‘n 5de plek vanuit die groep van 7 dogters wat in die 0/14 dogters-afdeling deelgeneem het.
Fayanette Kruger het op 6 Maart, in die Suid-Boland span teen Noord-Boland gespeel. Suid-Boland kolf eerste en teken 102 lopies aan. Hulle haal Noord-Boland vir 61 lopies uit. Fayanette neem 1 paaltjie in 3 beurte vir 13 lopies.










