Die netbalseisoen is goed afgeskop! Die 0/14 tot 0/16 netbalspanne het van 25 – 26 Februarie ‘n netbalkliniek in Swellendam bygewoon. Die kliniek is deur Burta de Kock, voormalige Protea-afrigter, aangebied. Burta was deur drie Crinum-netbalspelers vergesel. Die dogters se vaardighede is getoets en verbeter. Die BD’s is dankbaar vir die geleentheid en opregte dank […]
Category Archives: Uncategorised
Stellenbosch kolf eerste en word vir 68 lopies na 25 boulbeurte uitgeboul. Beste boulers: Francois Rossouw (3-9-3), Zandré le Sueur (2-11-4) en Kiethon Arries (2-17-4). HSB teken toe 69 lopies in die 12de boulbeurt aan. Beste kolwers: Chadwill Abrahams (23), Andre Bothma (10) en Kiethon Arries (10). Die BD’s wen met 6 paaltjies! Baie dankie […]
Lohann Fourie het die naweek aan twee tennistoernooie deelgeneem. Saterdag het hy in die Ope afdeling van die Kavaliers Wilson toernooi eerste gekom en vandag was hy derde in die WP Wilson toernooi.
BD’s kolf eerste en teken 75 lopies in 20 beurte aan. Beste kolwer: Brian Vermeulen (34). Montagu word vir 61 lopies uitgeboul. Beste bouler: Brian Vermeulen (4-10-4). Chadwill Abrahams (4-24-4). Die BD’S wen op hul tuisveld met 15 lopies!
BD’s wen Montagu met 20 lopies! BD’s het die loot verloor en Montagu, die tuisspan, het ons ingestuur om te gaan kolf. Ons teken 54 lopies vir almal uit in 16 boulbeurte aan. Beste kolwer: Anelmari van Niekerk – 27 lopies. Die BD’s boul toe vir Montagu vir 35 lopies in die 11de boulbeurt uit. […]
Baie sterkte aan die 18 BD’s wat van Donderdag tot Saterdag by die Suid-Boland byeenkoms gaan deelneem vir ‘n plek in die Bolandspan. Die byeenkoms vind by die Dal Josafatstadion in Paarl plaas. We are very proud of this big group of athletes and wish them all the best!
BD’s maak skoonskip teen Montagu! Baie geluk. 1ste seuns wen 5-1 1ste dogters wen 6-0 2de seuns wen 4-2 2de dogters wen 6-0
22 Februarie Die BD’s het met 5 paaltjies teen Montagu in ‘n wegwedstryd verloor. Montagu teken 43 lopies aan vir die verlies van 5 paaltjies. Alexander Janse van Rensburg neem 4 paaltjies vir 29 lopies. Hier is die manne saam met hul afrigters, Mnr. Marius van der Vyver en Mnr. David Snyman.
Die gr 12-Verbruikerstudieklas se kosmaakvermoë is gister in hul praktiese klas getoets. Hulle het Chicken a la King gemaak. Dankie aan juf Van Wyk wat die BD’s die geleentheid gee om hulself te toets en te verbeter. Daar is beslis ‘n paar Masterchefs op die horison.
21 Februarie Ongelukkig moes die BD’s se gholfspan teenoor Montagu die knie buig (25 – 49). Montagu wen die eerste 5 punte van vanjaar se interskole. Die spelers het dit egter baie geniet en goeie weer gehad.










