Hoërskool Bredasdorp se top 6 tennisdogters het die naweek aan die Agnes Pauw-toernooi in Moorreesburg deelgeneem. Die dogters se beste tennis is gespeel tydens hul 5-4 oorwinning teen Hugenote (Wellington). Hul het ook goed gevaar en naelskraaps verloor teen Hermanus en Charlie Hofmeyr (Ceres) met ‘n telling van 4-5.
Category Archives: Uncategorised
Die matrieks se laaste besoekpunt aan die Featherbed Resort by die Knysna Waterfront, het op Dag 3 die kroon gespan op ‘n baie suksesvolle toer. Na hul ‘n bootrit, ‘n pragtige staproete kuslangs en ‘n middagete onder die melkhoutbome geniet het, het die BD’s nog genoeg energie gehad vir saamsing. Die gidse op die veerboot […]
Dag 2 het afgeskop met ‘n staproete vanaf Krisjan se Nek, die geboorteplek van Saul Barnard. Onder leiding van ‘n bekwame gids kon die BD’s die wonderwêreld van die bos eerstehands ervaar. Daar is lekker piekniek gehou, waarna hul die Wolf Sanctuary besoek en meer oor die misterie van hierdie diere kon leer. Om kennis […]
Elza de Kock, graad 11, het die naweek aan die Western Cape Aquatics B-Champs by Generations Aquatic Centre, deelgeneem. Sy het ‘n silwer medalje vir die 200 meter IM en brons medalje vir 50 meter vryslag verower. Op die foto is Elza saam met haar afrigter, Herman Oosthuizen.
Een van die tradisies waarna elke BD uitsien, is die jaarlikse Kringe in ‘n Bos-toer. Vanjaar is natuurlik geen uitsondering nie. Hoewel Covid die gr11’s in 2021 ‘n streep getrek het, is hul toer uitgestel na 2022. Hul het dus nou die heerlike voorreg om as ‘n matriekgroep vanaf 6 tot 8 Februarie Knysna en […]
Hoërskool Bredasdorp is besonder trots op die atlete wat na afloop van die kleure-atletiek aangewys is as die toppresteerders in die onderskeie items. Vlnr: Harold de Wet (diskus), Tristan Tayob (driesprong), Ethan Roman (verspring), Elvino September (middel- en langafstande), Naide April (naellope, hekkies), Miché Swart (spiesgooi), Anelmari van Niekerk (diskus), Cailin Coad (gewigstoot) en Alexander […]










